Oor Ons

‘n Paar vriende het die behoefte aan ondersteuning op verskeie lewensterreine besef. Nie almal het ‘n berader in hul area wat hulp kan verleen nie. Aanlyn berading is die antwoord. En so het In Touch ontstaan.

Wat kan jy verwag?

  • Ons is 'n span gekwalifiseerde beraders. Dit is egter baie belangrik om nie ons eie oortuigings op mense af te dwing nie. Ons trap versigtig want dit is heilige grond!
  • Om aktief te luister sonder veroordeling is ons uitgangspunt.
  • Ons gee ondersteuning en hulp so ver ons kan.
  • Ons besef ons beweeg op heilige grond.

Net soos elke mens ‘n huisdokter nodig het, het ‘n mens van tyd tot tyd ‘n berader nodig

Wat is ons doelstellings?

  • Om meer mense te bereik wat hulp nodig het.
  • Hulp vir herstel en groei.
  • Om mense te help om die wortel van hulle probleme te herken en te identifiseer.
    Om oplossings en hulpmiddels vir die toekoms te vind.
  • Billike kostes vir berading sessies.
  • Professionele diens in die gerief van jou eie privaat ruimte.

Wat is In Touch NIE?

  • Ons diagnoseer nie en skryf nie medikasie voor nie
    Ons skryf nie voor wat jy moet doen of nie doen nie
  • Ons verskaf nie kits oplossings nie.
  • Ons oordeel nie.

079 693 7535